VLU Visarend Tak Sabie

Dutch is the main language of VLU Visarend Tak Sabie facebook group. It is a CLOSED group. They attracted 85 members. So it is a Tiny group. You can find this group by searching 257784160909779 on Google, Bing or Yahoo. 2015-01-15 08:00:13 is the closest date we have information about it.

Die dinamiese tak is gestig op 1 September 2011 in Sabie.

Die Vroue Landbou Unie is 'n nie winsgewende beweging en is 'n organisasie wat hulle beywer om aan die vrou geleenthede te bied om haarself te verryk op alle gebiede van vrouwees sodat sy haar plek kan volstaan in die samelewing. Ons is nie polities en oop vir alle rasse en vrouens bo ouderdom 16 tot 100 .

Ons het maandeliks 'n vergadering asook 'n werksklas waar ons verskeie artikels leer om te doen. Daar word ook jaarlikse tak streek en provinsie kompitisies aangebied soos brei, hekel, gebak, naaldwerk, handvlyt, fotografie, masjien- en borduurwerk afdelings. Ons reël ook op gereëlde basis sprekers wat ons toespreek ook word daar uitstappies gereël na verskeie plekke. Ons het ook projekte wat ons jaarliks aanpak en probeer ook na ons medemens se behoeftes om te sien deur gereeld fondsinsameling te hou deur kers- en paasmarkte asook verkopings by verskeie funksies.

Elke vrou in Sabie is uniek op haar eie gebied en het haar eie karakter want God het ons almal geskape na Sy ewe beeld dit is waaroor ons saam net een visie missie en doel het. In elke vrou is daar n geur kleur vorm en tekstuur. Kom dames : ons leef voluit maar verantwoordelik.