Oosthuizen Familie

Oosthuizen Familie is a Dutch group. Having alot of group type in Facebook: close, open and secret and it is a CLOSED group. There are 527 participants in that group. So people rank it like a Small group. 102278701483 is the identifier of this group with Facebook. We last updated on 2015-02-28 06:43:03.

Al die Oosth(uiz)ens reg oor die land! Sluit aan!!! Hier kan ons familie uitlê, verlore familie opspoor, grappies vertel, mekaar leer ken en sommer skinder oor die mense wat nie Oosies is nie. Neem kennis dat alle spel variasie van die van welkom is. (uiz), (uis), (uys), (uyz), (uij), met of sonder die s op die einde. Afrikaans of Engelsprekend. Ons is almal familie
Ons is almal afstammelinge van Johan Oosthuijsz. Hy was in diens van die VOC as 'n "adelborst" en het Nederland vanuit Amsterdam verlaat op 13/5/1685 en 4 maande en 4 dae later in De Caap de Goede hoop geariveer. Hy kry op 15/8/1690 "vrijburgerskap" en vestig hom op Drakenstein (vandag bekend as Paarl).
Hy trou ook daar met Johanna Maartens van Nederland en hul het 4 dogters en 3 seuns gehad. Die seuns was (1) Gerrit gedoop 27/4/1703 in Drakenstein (2) Jan Hinorikse gedoop 4/11/1714 in Drakenstein (3) Jacobus gedoop 22/11/1722 in Drakenstein. Ons is almal afstammelinge van een van hierdie 3 seuns.