Die GATVOL en VOEL SKULDIG Klub!!!

Dutch is the main language of Die GATVOL en VOEL SKULDIG Klub!!! facebook group. It is a CLOSED group. Die GATVOL en VOEL SKULDIG Klub!!! has 100 members. So it is a Tiny group. 237166623099796 is the identifier of this group with Facebook. Last update is on 2015-01-15 06:22:08.

Die GATVOL Klub!!! is vir almal wat GATVOL is vir enige iets. Die volgende reëls SAL nagekom word:

1.) Dit kan dalk ernstig rof hier raak. Onthou net dat as jy GATVOL raak vir iemand anders in die Klub dat dit jou probleem is. Jy mag nie net omdat jy GATVOL is iemand persoonlik aanvat nie. Nooit nie.

2.) Al is jy hoe GATVOL, jy SAL nie kru-taal in die groep besig nie. Jy is GATVOL, nie FLIPPEN BAR nie.

3.) Geen lid van GATVOL sal enige ander lid blokkeer nie. Jy is GATVOL, nie 'n selfaangestelde polisiëring beampte nie. Los dit vir die GATVOL Admin(s). Hulle is GATVOL genoeg om dit te doen. As jy voel iemand moet geblokkeer word, stuur 'n boodskap aan GATVOL se Admin(s). Hulle sal besluit of dit enige aksie regverdig. Onthou hier is almal GATVOL en nie die BLIKSEM in vir iemand anders nie.

4.) As jy so GATVOL is vir alles en almal hier en jy voel jy het genoeg gehad... Welkom by GATVOL, jy pas dan perfek hier.

5.) Moenie enige ander persoon beledig of op so 'n wyse aanval dat jy in die moeilikheid kan beland nie. Nuwe wetgewing kan jou duur te staan kom. Wees liewer net GATVOL.

6.) As jy voel jy wil die GATVOL Klub verlaat... Aag wat, bly dan maar GATVOL vir almal en gaan sit in die hoekie tot jy voel jy is nie meer GATVOL genoeg om te waai nie.

7.) As jy onseker is of jy dalk sal oortree, praat met die ander GATVOL Klublede. Hulle sal jou gou vertel of jy binne perke is aldan nie. Indien jy nie gelukkig is met die antwoorde nie, pas Reël 6 toe.

8.) Onthou alles is welkom en almal wat GATVOL is, is welkom... maar wees tog nugter denkend, al is jy hoe GATVOL...

9.) Terloops jy kan enige persoon hierheen lok, maar net as jy EN daardie persoon GATVOL is!!!

10.) Dis lekker om GATVOL te wees en aan die GATVOL Klub te behoort....

En soos hulle in die Kaap sê.. "Jou Ma se Porsche" of ek dink dit is wat hulle sê....

Ek is nou GATVOL van Reëls tik... Welkom almal wat GATVOL is.