Weskus Loslappies (Slegs vir Ongetroude Persone)

Weskus Loslappies (Slegs vir Ongetroude Persone) is a N/A group. Having alot of group type in Facebook: close, open and secret and it is a CLOSED group. Weskus Loslappies (Slegs vir Ongetroude Persone) has 257 members. So it is a Tiny group. 737361409681170 is the identifier of this group with Facebook. Last update is on 2015-03-29 04:50:33.

...en die grootste hiervan is die liefde. As ons nie Liefde het nie dan het ons niks nie.

Hierdie groep is slegs vir ongetroude persone nl. geskeides en weduwees/ wewenaars ouer as 25 jaar. Streng keuring...slegs volledige FB profiele sal in ag geneem word....stel settings na public. Dis n vereiste van die groep. LET WEL: GEEN GETROUDE PERSONE SAL AANVAAR WORD OP DIE GROEP NIE!!!
https://www.facebook.com/groups/Weskusloslappies/

Weskus Loslappies is trots Afrikaans. GEEN plasings op hierdie blad sal aanvaar wat in Mxit- taal of onverstaanbare afkortings getik word nie. Ons sal dit onmiddellik verwyder. Ons gaan verseker nie ure hier sit en daardie swak taalgebruik ontsyfer nie. Waar is die trots op ons taal?

Ons almal is opsoek na ons sielsgenoot of dalk net n goeie vriend. Ons is opsoek na liefde en aandag en vir almal is daar n maat op hierdie aarde. Wie weet, dalk vind jy hom/haar nog op hierdie groep. Julle is welkom om jul whatsapp no's of bbm pins uit te ruil.

Op hierdie groep gaan ons ook die lief en leed deel en hulp verleen waar nodig. Ons gaan ook funksies reël, ken mekaar braais hou en... aag sommer net om lekker saam te kuier om daardie eensaamheid te verdryf. So ek vra asb dat jullle moet deel neem aan gesprekke ens. Moenie n roofkyker wees nie, anders hoort jy nie hier nie. Almal moet deelneem aan gesprekke, al like jy dit ook net.

As jy aan hierdie groep wil behoort moet jy ten minste n sin vir humor hê, nie ligtelik wees nie en dinge met die tong in die kies aanvaar maar geen rassisme, politieke uitlatings, onwelvoeglike taalgebruik en obskure/vulgêre voorstelle sal geduld word op hierdie groep nie. Die lid wat hom/haar daaraan skuldig maak sal summier geblok word. Enige ongelukkigheid of verskille sal op n volwasse manier gedoen word en nie in mekaar se karakter in klim nie

Geen advertensies sal toegelaat word nie. Alle "posts" sal eers deur n "admin" goegekeur word asook nie-lede wat wil lid word van die groep.
Positiewe "quotes" in Afrikaans en Engels is welkom solank dit gaan oor die liefde, verhoudings en as jy iemand sommer net wil laat "smile".

Ons is almal grootmense op die groep en ons mag dalk grootmense dinge bespreek op n taktvolle wyse. So wees gewaarsku as dinge jou nie aanstaan op die groep nie is jy meer as welkom om die groep vrywilliglik te verlaat.

Die reels en regulasies van hierdie groep sal met tyd aangepas word.

Groep Administrateur: Helena Fourie (Stigter & Hoof Admin)